-deur HN Basson

9 November 2017

Truth and Science, ’n groep wat glo in die 6-daagse skepping, bevorder waarheid en objektiwiteit in die Skeppingsleer.

In Oktober is ‘n uiters geslaagde toer na Fraserburg en Sutherland onderneem. Die nalatenskap van die Genesis-vloed, fossiele, dinosourusspore en sterrekyk het deel uitgemaak van die toer. Aanvullende lesings op die toer is deur die ervare sprekers van Truth and Science,  HN Basson, Stephan Joubert en dr. Emile du Plessis, behartig.

Dit is opgevolg met die bediening van skole en tuisskoolgroepe te Merweville asook te Laingsburg. Op Saterdag 4 November het dieselfde groep sprekers en Rudi Pretorius ‘n groep van ongeveer 100 ouers by die Family Tree Christen-skool in die Paarl toegespreek. Die onderwerp was, Evolusie: Wetenskap of Geloof? Baie wanpersepsies aangaande die sg. “wetenskaplikheid” van die evolusieleer is uit die weg geruim. Die waarheid van God se Woord asook die rol van ‘n letterlike Genesis is bevestig .

Die openheid van rasionele en denkende Christene was opvallend en hulle het die Waarheid met ope arms ontvang.

Vir meer inligting, kontak mnr. Basson by hnbevolution@gmail.com


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.