-deur Geopende Deure

17 Maart 2017

‘n Klein skooltjie wat deur ‘n dokter en ‘n sendingwerker bedryf word, is kort gelede gedwing om sy deure te sluit. Wandi* en sy vrou, albei werksaam by die skool, word van evangelisasie onder Moslem-kinders beskuldig, berig Geopende Deure.

Hoewel ouers van die skoolkinders die bewerings ontken, het die burgemeester die skooltjie nogtans gesluit. ‘n Regeringsamptenaar het gesê: “Christene is nie waardig om Moslems iets te leer nie.”

Die skooltjie is in ‘n arm woongebied waar kinders nie skoolgaan nie. “Ons het uit liefde vir kinders die skooltjie begin,” het Wandi gesê. “Die kinders kan nou lees en skryf en behandel mekaar en hulle ouers met meer respek.”

Wandi is van Chinese afkoms. Die afgelope paar maande was daar baie onrus in Indonesië oor die Christelike goewerneur van Jakarta wat ook ʼn etniese Chinees is. Hy behoort, volgens sy etniese afkoms en die godsdiens wat hy aanhang (Christelik), aan minderhede wat deur die staat onderdruk word. Vir Wandi geld dieselfde. Vanweë die vervolging en die onrus in Indonesië, is die land 46ste op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van lande waar Christene vervolg word.

*Naam verander weens veiligheidsredes


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.