10 Oktober 2018

Christene stroom na Sondagdienste ná die aardbewing en tsoenami op soek na antwoorde. Die dodetal van die twee rampe oorskry reeds 1 700 met meer as 5 000 mense wat nog vermis is.

Purwo Nugroho, woordvoerder van Indonesië se noodreddingsagentskap, het gesê dat pogings om ontbinde liggame uit die diep, sagte modder te verwyder, al hoe moeiliker raak. Meer as 8 000 beseerde of kwesbare inwoners is uit Palu vervoer.

Sondag het minstens 200 mense, insluitende soldate, die Protestantse Manunggal-kerk in Palu volgepak vir ’n diens. Min Kapala, ’n 49-jarige onderwyser, het gesê sy het na die stad gekom omdat die kerk in haar afgeleë gebied vernietig is.

Protestante, Rooms-Katolieke en Charismatiese Christene maak sowat 10 persent van die bevolking van Palu, die provinsiale hoofstad van Sentraal-Sulawesi, uit. Die provinsie het ’n geskiedenis van gewelddadige konflik tussen Moslems en Christene, hoewel spanning oor die afgelope dekade afgeneem het.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.