-deur CIP.nl

6 Maart 2018

Die Rwandese regering het die afgelope weke honderde kerke gesluit. Dit het gebeur omdat hulle nie aan die veiligheidsregulasies voldoen het nie of omdat daar nie basiese fasiliteite soos sanitasie en water beskikbaar was nie, skryf Kerknet.

In totaal is meer as 700 kerke gesluit, amper almal in die hoofstad Kigali en die meerderheid van hulle pinksterkerke. Die Rwandese regering ontken dat godsdiensvryheid op hierdie manier geskend word. “Die kerke kan heropen sodra hulle voldoen aan die reëls en regulasies.”

Bron: EFE / Kathpress.at


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.