-deur Cip.nl

14 Junie 2018

In Sao Paulo, Brasilië, het ’n reuse “Optog vir Jesus”  onlangs plaasgevind. Die  optog is ondersteun deur honderde plaaslike kerke. Die hele land het die opmars deur  die media gevolg. Die Argentynse evangelis, Andrew Palau, het ’n duidelike evangelieboodskap gebring.

“Dit is wonderlik om so baie mense te sien wat openlik verklaar dat hulle Jesus volg,” het die evangelis gesê. Hy het oor Johannes 10:10 gepreek: “ ’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

 Hy het sy toespraak afgesluit  met ’n oproep tot bekering en geloof. Hy het dié wat  met die opsteek van ’n hand gereageer het op sy uitnodiging en openlik erken het dat hulle die Here Jesus wil volg, het dadelik aangeraai: “Delf in die Skrif, maak seker dat jy by ’n plaaslike kerk aansluit en God elke dag volg.”

’n Geskatte twee miljoen Brasiliane, sowel as mense uit Argentinië, Meksiko, Amerika en verskeie Afrika-lande, het aan hierdie Optog vir Jesus deelgeneem. Baie het die vlag van Israel gewaai en hardop gebid vir die Joodse staat en die Joodse volk.

Die  konsul van Israel, Dori Gohen, en Zelia Sliozbergas, die leier van die plaaslike tak van B’nai B’rith –  ’n internasionale menseregte-organisasie – het as spesiale gaste meegedoen aan die optog. “Met ons deelname betoon ons dankbaarheid aan die evangeliese gelowiges en die Brasiliaanse mense,” het Goren gesê. “Die mense van Israel seën Brasilië en die evangeliese gelowiges van Brasilië.”

Die konsul het die aanwesiges meegedeel hy verwag  dat die Brasiliaanse ambassade in Israel binnekort na Jerusalem sal verskuif  soos Guatemala en Paraguay reeds  gedoen het.

Die berig het op Breaking Christian News verskyn in Dirk van Genderen se nuusbrief.


Bron:  cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.