-deur Jeffrey Schipper

21 Maart 2019

“Daar is soveel geleenthede om vlugtelinge vertroud te maak met die Evangelie. Ek vind dit moeilik om te verstaan hoekom so min kerke van hierdie geleentheid gebruik maak,” sê ’n leraar van Nederland, Lieuwejan van Dalen (41).

Weekliks kom tientalle asielsoekers na sy kerk om Bybelstudie te doen. Hierdie idee het ontstaan ​​toe Van Dalen in kontak gekom het met ’n Pakistanse evangelis. Die evangelis het die idee gekry om ’n deel van die rolprent, The gospel of John, te vertoon. Van Dalen: “Daardie uitnodiging aan asielsoekers is opgevolg met weeklikse Bybelstudies.”

Nou kom daar tussen dertig tot veertig vlugtelinge vir Bybelstudie, soms selfs die hele gesin sê die Christelik Gereformeerde leraar. Die kerkdiens word nou in Engels en Farsi vertaal.

Van Dalen hoop dat meer kerke van hierdie geleenthede gebruik sal maak en vlugtelinge met die Evangelie sal bereik.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.