-deur Jennifer Wishon

20 Maart 2017

In sy eerste 50 dae as die magtigste man op aarde, beweeg Amerika se oudste president teen die spoed van lig.

Tot dusver het president Donald Trump meer as 30 uitvoerende bevele onderteken; het hy reeds vier wêreldleiers vir ʼn amptelike Wit Huis-besoek ontvang; en tot die vreugde van sy ondersteuners en ontsteltenis van sy teenstanders, het hy meer as 250 keer getwiet.

Hy is besig om te leer wat dit verg om ʼn drastiese agenda deur Washington aanvaar te kry.

Ten spyte van ‘n moeilike implementering van sy eerste uitvoerende bevel oor immigrasie, het die president sy veldtogbeloftes een na die ander afgemerk, insluitend ‘n paar wat ‘n rekordgetal evangeliese Christene na die stembus laat gaan het.

Hy het ‘n beleid omgekeer wat belastingbetalers se geld oorsee gestuur het na groepe wat aborsies in die buiteland uitvoer; hy het ʼn pro-lewe-regter genomineer vir die hoë hof; en ‘n plan aangekondig wat Obamacare sal vervang. Plus, hy hou toesig oor ‘n groeiende ekonomie, en Wall Street het ‘n skerp lopie geniet sedert Trump die amp opgeneem het.

Baie van hierdie vertroue is gebaseer op beloftes wat die president gemaak het, maar nog nie uitgevoer het nie – soos ‘n drastiese afname in federale regulasies, wat volgens ondernemings ekonomiese groei kniehalter; hy moet ook nog belasting verlaag vir besighede en individue.

Hy het beveel dat twee regulasies herroep moet word vir elke nuwe een wat geskep word. Dit blyk egter dat dit ‘n stadige doelbewuste taak gaan wees.

Trump is dikwels in stryd met die media. Tog, is daar steeds net staanplek in die nuuskonferensiekamer vir die daaglikse inligtingsessie met die Wit Huis se perssekretaris, Sean Spicer.

“Hy is nie ‘n geblikte politikus wat dieselfde antwoorde gaan herhaal nie,” het Spicer tydens ʼn onlangse inligtingsessie oor sy baas gesê.

Ten spyte van sy woordestryd met hoofstroommedia, is hy baie meer toeganklik as Amerika se vorige president.

In ‘n eksklusiewe onderhoud met CBN News, het die president gesê hy vertrou nou meer as ooit tevore op God.

Sy eerste toespraak aan die Kongres was ‘n reusesukses. Nou is hy besig om te bou op daardie momentum terwyl hy mik vir sy eerste 100 dae in die amp.


Bron: www1.cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.