-deur Emily Jones

13 September 2018

President Donald Trump is ’n jaar en ’n half in die amp en hy is steeds een van die mees omstrede politieke figure. Ten spyte hiervan steun evangeliese Christene hom en sy konserwatiewe beleid getrou.

Een groep wat hulle toespits om evangeliese Christene en hul positiewe verhouding met die Trump-administrasie uit te daag, is The Satanic Temple (TST).

The Satanic Temple (wat nie verwar moet word met die Church of Satan nie) is in 2012 gestig. Dit is ’n nie-teïstiese organisasie wat prominent na vore getree het sedert pres. Trump se verkiesing. Die groep het na bewering duisende nuwe lede bygekry nadat Trump die presidensiële verkiesing gewen het.

“Ons is ‘n weerstandsbeweging,” het woordvoerder en medestigter, Lucien Greaves, gesê ná afloop van ‘n toespraak buite die Universiteit van Colorado, Boulder. “Ons staan ​​die idee teë dat ons almal onder een godsdienstige vaandel moet verenig.

“Ons is op die frontlinie van hierdie stryd teen teokratiese vergrype, veral met karakters soos Mike Pence wat so ’n hoë amp beklee,” het hy bygevoeg.

Sedert die verkiesing het TST verskeie veldtogte geloods wat daarop gemik is om die Christelike invloed op die politieke terrein uit te daag. Een voorbeeld hiervan is hulle nasorg-satanklubs vir kinders (joydigitalmag.com)

Ander pogings sluit in om aborsieregte te bevorder en die oprigting van Sataniese monumente (joydigitalmag.com)

Dit is alles ’n poging om steun te werf teen ‘Evangeliese Nasionalisme’ en die ‘Teokratiese Reg’ ” sê Greaves.

“Hulle neem die openbare poste oor en gooi Liberale Demokrasie omver,” het hy in ’n onderhoud gesê.

Die groep verheerlik eintlik rebellie en opstand. Hulle sê trouens hulle aanbid satan nie en glo nie dat hy ’n wese is nie. In plaas daarvan fokus hulle daarop om teen “despotiese” gesag, sekularisme en teïsme in opstand te kom.

“Ons is nie voorstanders van geloof in satan nie,” sê TST op sy webwerf. “Satan is symbolic of the Eternal Rebel in opposition to arbitrary authority, forever defending personal sovereignty even in the face of insurmountable odds. Satan is an icon for the unbowed will of the unsilenced inquirer… the heretic who questions sacred laws and rejects all tyrannical impositions.”

Baie satanistiese groepe aanbid satan wel as ’n godheid. Sommige van hulle sit in kerke – volgens die voormalige satanis, Bill Schnoebelen. Hy sê dat sommige sataniste probeer om kerke en ander Christelike organisasies te infiltreer om hulle te saboteer.

Die voormalige satanis, John Ramirez, het aan CBN News gesê dat Christene nie die krag van gebed moet onderskat nie.

“Dit is daardie gelowiges, daardie groep mense, daardie voorbidders wat my so in die geestelike ryk gekortwiek het,” het hy gesê.

In sy boek, Armed and Dangerous: The Ultimate Battle Plan for Targeting and Defeating the Enemy, verduidelik Ramirez waarom Christene doeltreffend moet bid.

“Ek het hierdie boek geskryf omdat ek wil hê Christene moet weet dat gebed nie net verdediging tydens geestelike oorlogvoering is nie, dit is ook ’n aanvalstaktiek,” het hy gesê. “Ons moet die duiwel op sy plek hou.”


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.