13 Februarie 2018
-deur Stephanie Hill / Charisma News

‘n Historiese byeenkoms sal hierdie herfs  in Suid-Afrika aangebied word. Empowered21 verwelkom leiers en leke van die Gees-bemagtigde beweging vir sy Empowered21-Afrika-kongres, van 16-19 Mei 2018.

“Dit gaan ‘n belangrike gebeurtenis wees,” het dr. Billy Wilson, president van die Oral Roberts Universiteit en die globale medevoorsitter van Empowered21, gesê. “Die Heilige Gees is al lankal werksaam in Afrika en oor die wêreld, en almal van ons by Empowered21 sien uit na wat Hy in en deur hierdie historiese byeenkoms sal doen.”

Die byeenkoms wat oop is vir almal, is veral gerig op Gees-bemagtigde Christene wat op die vasteland van Afrika woon. 

“Dit is ‘n historiese tyd vir Afrika,” het ds. Frank Chikane, medevoorsitter van die Empowered21 Africa Regional Cabinet, gesê. “Ons verwelkom die wêreld om by ons aan te sluit terwyl ons daarna streef om  die vlamme van die Heilige Gees  aan te blaas en om die Here by hierdie kongres te ontmoet .”

Meer as 30 prominente wêreld- en Afrika-leiers, pastore, leraars en musikante sal in Johannesburg byeenkom om saam met ander Afrika-leiers te bedien. Alle Geesvervulde pastore uit Afrika,   vrywilligers en leiers – insluitend jeug-, vroue- en kinderbedieningsleiers – word uitgenooi om dit by te woon.

“Ons weet dat ‘n nuwe dag besig is aan te breek op die vasteland,” het ds. Opoku Onyinah,  nog ʼn medevoorsitter van die E21 Africa Regional Cabinet, gesê. “Ons bid al vir twee jaar dat God hierdie vierdaagse kongres sal gebruik om die volgende geslag Gees-bemagtigde leiers in Afrika op te rig.”

Empowered21 het tien belangrike fokusareas vir die Afrika-kerk in die 21ste eeu geïdentifiseer: evangelisasie, vrouebediening, teologiese studies, dissipelskap, kinderbediening, profetiese leierskap, gebedsnetwerke, humanitêre hulp en rampverligting, ʼn Christelike besigheidsnetwerke en die volgende geslag jeugnetwerk. Hierdie uiteenlopende aspekte sal tydens die Afrika-kongres die fokus wees van sessies gedurende die kongres. 

‘n Wye verskeidenheid bedieningsleiers van oor die hele wêreld sal dit bywoon, insluitende William Wilson (president, Oral Roberts Universiteit), George Wood (voorsitter, World Assemblies of God Fellowship); Opoku Onyinah (president, Ghana Pinkster en Charismatiese Raad) en Frank Chikane (president, Apostoliese Geloofsending Internasionaal); Michel Ouédraogo (president, Burkina Faso Assemblies of God); Dave Burrows (senior pastoor, Bahamas Faith Ministries International); Omar Cabrera (senior pastoor, Vision de Futuro Church); Ismael Charles (Karibiese direkteur, Church of God); Edward Grabovenko (hoofbiskop, Russiese Kerk van Evangeliese Christene); Wayne Hilsden (president, Fellowship of Israel Related Ministries); Rob Hoskins (president, One Hope); Cindy Jacobs (stigter, Generals International); Daniel Kolenda (president, Christ for All Nations); Ron Luce (globale jeugstrateeg, Generation Next); Gordon McDonald (hoofbiskop, Pentecostal Holiness Church in Canada); en Nick Park (nasionale biskop, Church of God in Ireland) en vele ander.

Die Afrika-kongres sal aangebied word by die Woord en Lewens Kerk. Inligting oor registrasie is beskikbaar via e-pos by info@e21africa.co.za , of aanlyn by empowered21 / johannesburg, of op Facebook @E21Africa.


Bron: www.charismanews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.