6 Februarie 2019

Op Maandag 4 Februarie het miljoene Hindoe-pelgrims deelgeneem aan die rituele Bad van die Kumbh Mela-fees – die wêreld se grootste godsdienstige byeenkoms.

“Mauni Amavasya Snan” word beskou as die heiligste dag van die 48-dae lange fees wat tot 4 Maart voortduur. Hindoes glo as hulle by die samevloeiing van drie riviere – die Ganges, die Yamuna en die mitiese Saraswati bad – hulle van hul sondes gereinig sal word en hulle sal help om “moksha” (wat “bevryding” beteken), te bereik wat hulle sal vrystel van die kringloop van geboorte en dood. 

Byna 12 miljoen mense het op 15 Januarie die eerste badritueel bygewoon en ongeveer 120 miljoen word tydens die hele fees verwag. Aanbidders mediteer op die oewer van die riviere ná die bad en skep water uit die Ganges in houers om huis toe te neem.

Indië is die tuiste van ongeveer 90% van die wêreld se Hindoe-bevolking. Alhoewel Indië ’n sekulêre staat sonder ’n staatsgodsdiens is, speel Hindoeïsme ’n prominente rol in die politiek. Ongeveer 79% Indiërs beskou hulself as Hindoe. Christenskap is die derde grootste godsdiens in Indië – tussen 2,3% en 5% van die bevolking. Indië se sterk filosofiese tradisie en godsdienstige, kulturele en etniese diversiteit maak voldoende Christelike opleiding noodsaaklik.

Bid asseblief saam met ons gedurende die tydperk van Kumbh Mela (eindig 4 Maart), vir dié wat opsoek is na ‘reiniging’ en ‘bevryding’.

“want so lui die Here se opdrag aan ons: ‘Ek het U gegee as ’n lig vir die nasies, sodat U verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde’.” – Handelinge 13:47
Om die ‘Bid vir die Nasies’ PowerPoint af te laai, klik asseblief HIER, of op die foto hieronder.
Vir vorige gebedshulpbronne, besoek ons webwerf HIER.


Deur Donnelly McCleland
Bron: www.incontextinternational.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.