-deur Cip.nl

13 Maart 2018

Na die begrafnis van hul tweejarige dogter, is ‘n Christelike gesin uit Indië aangeval deur Hindoe-ekstremiste. Die pa en sy twaalfjarige dogter is ernstig beseer, tesame met vier ander Christene, berig SDOK (Stichting Die Ondergrondse Kerk), gebaseer op verslae van World Watch Monitor.

Die bedroefde gesin het verduidelik dat hulle hul kind op hul eie grond wou begrawe, maar Hindoes het geld daarvoor geëis. Net ná die begrafnis het dertig Hindoe-ekstremiste na die huis van die gesin opgeruk en dit aan die brand gesteek. Die moeder, Debe Nande, kon ontsnap, maar die pa, Sukra Markhami en hul twaalfjarige dogter, Savitha, is aangerand en bewusteoos agtergelaat. Savitha het ‘n ernstige kopwond opgedoen, wat haar lewe in gevaar stel.

Ander Christene wat hulle te hulp gesnel het, is ook aangeval. Vier van hulle is beseer en ook na die hospitaal geneem.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.