8 Julie 2018

Onlangs het Joel Houston, die aanbiddingsleier van Hillsong United, vir  ’n groot ophef op Twitter gesorg met sy uitlatings oor evolusie. Hy het onder meer gesê evolusie is “voor die hand liggend”. Sy pa en stigter van Hillsong-kerk, Brian Houston, het onlangs in ’n onderhoud met TBN gesê dat alle Hillsong-liedjies deur teoloë hersien word. 

“Ons plaas nou baie meer klem op die teologie van ons liedjies as wat ons voorheen gedoen het. Ons doen dit omdat ons die harte van mense wêreldwyd wil bereik,” sê Houston. “Ons het dus teoloë aangestel wat elke liedjie evalueer.”

Dit verg tyd om ’n goeie lied bekend te stel. “Daar word baie hand saam gewerk daaraan tussen die liedjieskrywer en teoloë om die liedjie tot op ’n punt te bring waar dit nie maklik verkeerd vertolk kan word nie.” 

Houston het opgemerk dat hulle gewoonlik nie liedjies afkeur nie, maar daaraan werk totdat dit teologies suiwer is.

Die ophef rondom sy seun, Joel, het gevolg op die woord “evolving” in die liedjie “So Will I”. Daarom het Twitter-gebruikers gewmaak het en Sy Woord was eerste daar.”


Deur: Cip.nl
Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.