-deur Rik Bokelman

18 Maart 2017

Jacob McKelvy het vroeër bekend gestaan as ‘Jacob No’. As satanis begin hy sy eie satanistiese kerk, wat in die breër publiek tot protes gelei het. Tot daar iets in sy lewe gebeur het wat almal verbaas het. ‘n Rukkie terug het Jacob hom saam met sy vrou laat doop en het hy sy bande met die satanskerk verbreek.

“Ons wat vroeër vasgevang in duisternis en het ons tot Lucifer verbind,” het McKelvy tydens die kerkdiens gesê waarin hy hom laat doop het. “Ons het geen liefde geken, behalwe liefde vir onsself nie. Vandag verwerp en breek ek die sataniese verbintenis deur die Bloed van Jesus,” het hy verklaar voordat hy gedoop is.

McKelvy sê dat hy in satanisme betrokke geraak toe sy suster gesterf het nadat ʼn slang haar gepik het.

“Ek het as ʼn Mormoon grootgeword en verstaan ​wie Jesus en God is, maar toe my suster weggeneem is, het ek die duisternis aanloklik geword. Ek was sonder hoop, en die depressie het my tot satanisme gelei. Satanisme verkondig dat jy jou eie God is. En dit is werklik aanloklik.”

McKelvy se lewe het in die somer van 2016 verander nadat hy by die Spring First Church ingestap het. Daar het hy die predikant, Robert Hogan, ontmoet en met hom begin gesels. Hy het verwag dat die mense in die kerk hom sou haat, maar kom toe agter dat hulle hom baie lief het en van hom hou!

Nie lank daarna nie het hy sy lewe aan Jesus oorgegee. “Ek moet eerlik sê Robert is een van die beste dinge wat in my hele lewe gebeur het. Hy is ʼn ware voorbeeld vir my…Dit maak nie saak hoe ver jy van God afgedwaal het nie, daar is altyd ‘n pad Huis toe. Die krag en die vrede wat ek nou ervaar, is soveel groter as enigiets wat ek voorheen beleef het.”


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.