23 April 2018

Christ for all Nations (CfaN) sal hierdie week die gasheer wees vir die Light The Fire Again-byeenkoms (LTFA) wat die leiers van ʼn paar noemenswaardige herlewings van die verlede by die Attwell-sentrum in Toronto, Kanada byeen sal bring – die plek waar die sogenaamde “Toronto-seën” 25 jaar gelede begin het.

LTFA, 25 tot 28 April, streef daarna om die vlamme van herlewing weer aan te blaas en ‘n nuwe geslag met die vuur van die Heilige Gees te begeester, sê CfaN in ‘n persverklaring.

Die geleentheid sal aangebied word deur die evangeliste, Reinhard Bonnke en Daniel Kolenda — wat oor die afgelope 30 jaar meer as 78 miljoen mense gelei het om Christus aan te neem. Hulle wil mense herinner aan die duisende mense wat getuig het dat hulle die krag en duidelike teenwoordigheid van God ervaar het terwyl hulle na video’s van die Toronto Blessing, die Brownsville Herlewing en die Argentynse Herlewing gekyk — selfs dekades later, sê CfaN.

Hoe om deel te wees van die geleentheid

Bonnke en Kolenda nooi gelowiges  wêreldwyd  uit om deel te neem aan die veldtog deur die geleentheid regstreeks via die internet by die huis of by die kerk uit te saak en dit  saam met vriende en familie  te kyk. Om by die internetuitsending aan te sluit, moet jy hier registreer: ppv.cfan.org/register

John Arnott en Randy Clark verteenwoordig die Toronto-herlewing; vir die Brownsville-herlewing is John Kilpatrick, dr Michael Brown, Jeri Hill, Lindell Cooley en Lila Terhune teenwoordig. Uit die Argentynse Herlewing is dit Claudio Freidzon en vir die Morning Star-profetiese beweging is Rick Joyner die verteenwoordiger. Die evangelis en sendeling, Heidi Baker en Lou Engle van The Call, met hulle geesdrif vir voorbidding en evangelisasie, maak ook ʼn bydrae tot die groep.

Kolenda sê  geskiedenis word nou gemaak: “Die tyd is hier vir ‘n nuwe geslag om die vuur  van die Heilige Gees te ervaar. Ek glo ons staan ​​op die drumpel van die grootste uitstorting van die Heilige Gees in die geskiedenis. Die beste lê nog voor .”


Bron: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.