9 Oktober 2018

In Nasaret Illit is daar vier kerke van Messiaanse Jode wat geloof in Jesus Christus as hulle Verlosser bely. Volgens ds. Salim Shalash, voorganger van een van die kerke, is daar ’n herlewing in Israel aan die gang. “Dit is wonderlik wat hier gebeur,” berig die Reformatorisch Dagblad.

Shalash is ’n Arabier met ’n Rooms-Katolieke agtergrond. In 2009 het hy saam met sewe mense in sy huis in Nasaret begin bid. ’n Arabiese kerk het daaruit ontstaan en het vinnig gegroei. Dit het nou 110 lidmate. “Sommige mense sê dat God die Joodse volk verwerp het weens hulle ongehoorsaamheid, maar Christene is egter soms net so ongehoorsaam soos die Jode.”

“Dit is iets nuut dat die Messiaanse Jode en Arabiese Christene so in liefde saamleef,” sê hy. Hy het oor die afgelope paar jaar groot veranderings gesien. “Kontak met die ortodokse Jode is steeds ’n uitdaging. Ek praat wel met hulle, maar hulle ignoreer my dikwels. Dit is heeltemal anders met sekulêre Jode. Hulle is ​​oop vir gesprekke en neem in steeds groter getalle Jesus as die Messias aan.”

Volgens sy skatting is daar al meer as 30 000 Messiaanse gelowiges in Israel en neem die getal eksponensieël toe. Hy sê dat meer as honderd Jode in Nasaret verlede jaar in Jesus as hulle Messias begin glo het.


Bron: cip.nls

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.