Christelike Lektuurfonds (CLF) glo dit is belangrik om kinders die inhoud van die Bybel te leer, maar ook om hulle te help om dit van toepassing op hulle lewe en omgang met ander kinders te maak. Ons droom is dat kinders hulle geloof prakties sal leer uitleef, dat daar by hulle Bybelse waardes gevestig sal word en dat hulle moreel toegerus sal word as die leiers van môre.

Hoe kan jy betrokke raak?
Jy kan ook hierdie projek ondersteun en so moontlik ’n lewensveranderende verskil in ’n kind se lewe maak deur hulle van Jesus te leer. Hoe? vra jy. Daar is soveel maniere om betrokke raak.

Hier is maar ’n paar voorbeelde:

  • Koop ’n Bybel – borg ’n Bybel. Vir slegs R120 bekom jy nie net jou eie Bybel nie, maar borg jy ook ’n Bybel vir ’n ander kind in die taal van sy of haar keuse. Oorweeg om ’n Bybel aan kinders met hulle doop te gee.
  • Skenk ’n Bybel aan ’n organisasie van jou keuse. Hou ’n konsert, pretdraf, oggendtee, pannekoekaand, ensovoorts en samel so geld in om Bybels te koop vir ’n crèche, skool of kinderhuis in jou area.
  • Daag sakelui uit om ’n skool of kinderhuis in jou area aan te neem of om Bybels aan al hulle werknemers se kinders te gee as deel van hulle Kersfunksie.

God se kinders, Verhale uit die Bybel
Vir kinders 4 – 10 jaar

Dit is beskikbaar in sewe tale: Afrikaans, Engels, Zoeloe, Pedi, Tswana, Xhosa en Sotho. 56 van die Bybel se gunstelingverhale word oorvertel deur emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu in sy kenmerkende vertelstyl. Skrifgetrou, maar bondig, om nie klein luisteraars se aandag te verloor nie.

Vertel my meer-Bybel
’n Pragtige bundel, vir kinders 8 – 12 jaar

Bedoel vir selflees of voorlees. Dit bevat 50 verhale wat verbeeldingryk oorvertel is deur Susan Goosen. Die pragtige illustrasies lok die leser uit om dieper te dink. Elke Bybelverhaal word afgesluit met ’n Vertel my meer-gedeelte wat nuuskierige kinders dieper inlei in die betekenis van die wêreld en die boodskap van die Bybel. Dit stimuleer verbeelding, verbreed kennis en pas die boodskap toe op die leefwêreld van die kind. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Sotho, Xhosa en Zoeloe.

Ja! Kleuter-Bybelverhale

Hierdie kleurvolle Bybelverhale leer kinders lewensvaardighede en waardes. Elke verhaal word deur ‘n gebed vergesel wat kinders help om God met Bybelse waardes te verbind en die boodskap versterk. Dit is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Sotho, Zoeloe en Xhosa. Sagteband, 24 bladsye, vyf stories per boek. Vyf boeke per stel teen R60.


Vir meer inligting kontak Eleanor: 021 873 6973
E-pos: info@clf.co.za of Besoek: www.clf.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.