-deur Will Maule

4 Julie 2018

Hy was bereid om die hoogste offer te bring om sy landgenote se lewens te red. Toe een plaaslike Moslem-imam bevreesde gesinne sien wat in sy dorpie in ’n sentrale streek van Nigerië voor gewapende vegters vlug, het hy besluit geneem om hulle te beskerm.

Die Christelike gemeenskap is deur ongeveer 300 Islamitiese vegters aangeval. As die imam niks gedoen het nie, sou hulle almal beslis vermoor gewees het, maar hy het groot moed aan die dag gelê en hulle lewens gered.

Ten spyte daarvan dat hy sy eie lewe op die spel geplaas het, het die anonieme imam besluit om die groep na veiligheid te bring. “Ek het die vroue eers na my huis geneem om hulle weg te steek. Toe het ek die mans na die moskee geneem,” het hy aan BBC Pidgin gesê.

Dorpenaars het beskryf hoe die vegters hulle gemeenskap bestorm het, begin vuur en verskeie huise aan die brand gesteek het.

Die brawe imam het geweier om die Christene in die plaaslike moskee aan die bloeddorstige vegters uit te lewer. Toe die bende vegters meer aggressief word het en selfs dreig om die moskee en die imam se huis te af te brand, het die hy op die grond neergeval en die mans huilend gesmeek om die plek te verlaat. Tot sy groot verbasing het die mans na hom geluister.

Honderde mense is in 2018 in die toenemende geweld teen Christene vermoor. Volgens ’n verslag van 2016 word berig dat meer mense in die aanvalle van die Fulani-herders dood is, as dié wat deur die berugte Boko Haram geteiken is.

Maar danksy die moed van een man, is ’n bloedbad in een dorpie afgeweer. Danksy hierdie brawe man het 262 mans, vroue en kinders die aanval oorleef.

Fotokrediet: Getty Images


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.