-deur Kelsey Straeter / Faithit.com

30 Mei 2018

Ná die tragiese skietery by die Santa Fe Hoërskool in Texas op 18 Mei, begin verhale van heldedade na vore kom.

Een van daardie helde is die Christen-tiener  “Riley” Garcia. Volgens die gesin se pastoor, Keenan Smith, het die 15-jarige merkwaardige moed getoon, aangesien hy elke laaste greintjie van sy krag gebruik het om die kunsklaskamer se deur toe te hou en sy klasmaats teen die aanvaller te beskerm. Dit het Garcia sy lewe gekos. “Hy het probeer om die deur saam met sy  onderwyser te help toedruk, toe die aanvaller probeer inkom het,” het pastoor Keenan Smith gesê. “Die aanvaller het hom deur die toe deur doodgeskiet ”

Die pastoor het tyd saam met Garcia se gesin deurgebring  waar medestudente die dapper tiener geprys het omdat hy hulle lewens  gered het.

Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.”  – Johannes 15:13

“Dit is nie wat in ’n 15-jarige se lewe moet gebeur nie. Hy behoort nie sulke besluite hoef te neem nie,” het Smith in trane gesê toe hy oor die Garcia-gesin se verlies gepraat het. “Maar hy het  daardie besluit geneem sonder om twee keer daaroor te dink, want dit is hoe hy was.”

Smith, wat Garcia gedoop het, het bygevoeg: “Hy was ’n goeie kind, hy het medelye gehad met ander, hy was liefdevol en het omgegee vir ander mense.”


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.