-deur Adam Eliyahu Berkowitz | Breaking Israel News

 6 Desember 2017

“Hy het die hoogtes wat deur Hiskia, sy pa, verwoes is, weer opgebou, altare vir Baäl opgerig, ‘n Asjerabeeld gemaak soos koning Agab van Israel gedoen het en al die hemelliggame aanbid en gedien.” 2 Konings 21:3.

Dieselfde multinasionale groep wat die Palmyra Triomfboog herskep het en dit op ‘n wêreldtoer geneem het, het nou ‘n standbeeld van Athena, die Griekse godin van oorlog, herskep vir ‘n uitstalling in die Verenigde Nasies.

Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het die digitale argeologie-uitstalling, “The Spirit in the Stone”, ’n week gelede amptelik by die Verenigde Nasies se hoofkwartier in New York City ingewy. Die VAE, die Italiaanse afvaardiging na die VN en die Instituut vir Digitale Argeologie (IDA) het saamgewerk om ‘n beeld van die Griekse godin Athena vir die uitstalling te skep.

Die oorspronklike Athena-standbeeld het in Palmyra, Sirië, gestaan totdat dit in 2015 deur ISIS vernietig is. Die afvaardiging het die godin beskryf as “sinoniem met rede,  ’n toevlug en die oppergesag van die reg”, maar die standbeeld wys Athena met haar spies – wat haar prominente rol as die Griekse godin van die oorlog uitbeeld.

Artefakte wat deur ISIS vernietig is. Die gebreekte standbeeld van Athena is sigbaar in die verste hoek. (Twitter / @ 3dprintindustry)

“Daar is tans ‘n onmiskenbare opkoms van die heidendom en afgodediens wêreldwyd – meer as enige ander godsdiens. Dit is naïef om te glo dat hierdie uitstalling niks hiermee te doen het nie,” het rabbi Rabbi Elad Dokow, hoof rabbi en dosent by Israel se Technion Institute of Technology  Dokow  gesê. “Die heidendom laat die mens toe om sy eie waarheid skep, in teenstelling met Judaïsme en die Christendom, wat verklaar dat daar ‘n objektiewe waarheid is waaraan die mens onderhewig is. Die VN, soos die heidendom,  skep ‘n eie subjektiewe werklikheid.

“Wat ons vandag in die wêreld sien, is dat oral waar die Christendom verswak, die heidendom en afgodery toeneem en waar die Christendom verdwyn, gebeur verskriklike dinge,” sê Dokow.

Die VAE het al in die verlede met die IDA saamgespan. Hulle eerste projek was die driedimensionele gedrukte triomfboog van Palmyra, was prominent in die VN uitgestal is as ’n lewensgrootte projeksie op ‘n skerm. Die oorspronklike triomfboog van Palmyra was ‘n Romeinse triomfboog  wat 1 800 jaar voor die tempel van die heidense god Baäl in Palmyra gestaan het totdat dit soos die standbeeld van Athena, deur ISIS vernietig is.

Byskrif: ’n Standbeeld van die Griekse godin Athena op vertoon in Nashville, Tennessee. (Ron Cogswell / Flickr)


Bron: breakingisraelnews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.