11 Februarie 2018
– deur Tabisa ka Ralawe  | Gateway News

Profeet Jay Israel Senior, (regs), van die Spirit Life Mega Kerk in Oos-Londen, besig om hawelose mans in sy kerk te voed.

Toe ‘n Oos-Kaapse pastoor hawelose dakloos mense aangetref het buite die gebou wat hy gehuur het vir die kerkdienste, het hy ‘n sopkombuis begin.

Nou het daardie oorspronklike klein Oos-Londense sopkombuis ontwikkel in die Hands of Mercy-projek wat 200 hawelose mense van kos, klere en skuiling voorsien – sommige van hulle is sedertdien van dwelmverslawing bevry en het hulle lewe aan Christus oorgegee. 

Die projek se stigter en algemene opsigter van Spirit Life Mega Church, profeet Jay Israel Senior, het ook ‘n voormalige hawelose man, Kholekile, as deel van sy gesin aangeneem. Kerklidmate wat hom voorheeh geken het voordat hy bad en geskeer het, het hom die volgende dag nie herken nie. Die begaafde jong man wat voorheen aan dwelms en alkohol verslaaf was en in asblikke gekrap het om te oorleef, doen nou diens in die kerk en is ‘n volgeling van die Here Jesus.

Die pastoor het met verwysing na die ou en jong manne wat hy in 2016 buite die kerk aangetref het, gesê: “Ons Verlosser het ons geleer dat die wat vir die armes en die behoeftiges sorg,  die ewige lewe sal beërf, terwyl die wat dit nie wil doen nie, nie die seëninge sal beërwe nie.

“Om vir die armes en behoeftiges te sorg, is noodsaaklik vir ons geestelike vordering en verlossing.” 

Hy het gesê die sopkombuis het vroeër ‘n handjievol hawelose mense gehad wat elke Saterdag van die strate na die kerk vervoer is. Hulle het mans en vroue ingesluit wat met dwelms deurmekaar was of die wet oortree het.

“Die Woord van God beveel ons om die armes te versorg, aangesien al die aardse besittings wat ons nou besit, van Hom af kom. Die Hands of Mercy sal dus nie net voortgaan om ‘n veilige hawe vir die haweloses te bied nie, maar ook om hulle te lei na die pad van geregtigheid,” het hy gesê.


Article source: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.