-deur Cip.nl

21 Junie 2018

Op Dinsdagnag en Woensdagoggend het die terroristebeweging, Hamas, 45 missiele uit die Gasastrook op Israel afgevuur, berig die Sentrum vir Inligting en Dokumentasie Israel (CIDI).

Sewe missiele is deur die Ysterkoepel-verdedigingstelsel onderskep, maar ten minste drie het in Israelse stede in die Eskol-streek ontplof en motors en huise beskadig, berig Israel Today.

Gelukkig is niemand beseer nie. Voordat die aanvalle begin het, het die Israelse Lugmag ’n aanval op ’n Hamas-kwartier geloods in reaksie op die brandende vlieërs en ballonne wat Maandag 20 brande veroorsaak het.

Die missielaanvalle deur Hamas is ook weer deur die IAF (Israelse Lugmag) gewreek. Die Israelse Lugmag het posisies van die terroriste-beweging in die Gasastrook gebombardeer in reaksie op die vuurpylaanvalle. In ’n verklaring waarsku die Israelse leër dat dit alles sal doen om die burgers van Israel te beskerm en, indien nodig, sy aktiwiteite sal verskerp.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.