16 April 2018

Volgens ʼn berig in Eyewitness News het die Parlement gevra vir openbare insette oor die wysiging van die Grondwet om grond te onteien sonder vergoeding. 

In Februarie het die Parlement ‘n mosie aangeneem om wysiging van die Grondwet te oorweeg wat  die onteiening van grond sonder vergoeding sal  toelaat.

Die Demokratiese Alliansie (DA)  voer aan dat wysiging van die Grondwet onnodig is om die  stadige vordering met die herverdeling van grond aan te spreek. Die EFF is egter van mening dat dit die enigste uitweg is.

Nadat die wysigings tot die mosie deur die Parlement aanvaar is, is die saak na die Grondwetlike Hersieningskomitee  verwys om te oorweeg of die Grondwet gewysig moet word.

Die komitee vra nou skriftelike voorleggings aan oor die noodsaaklikheid van grondonteiening sonder vergoeding. 

Hierdie voorleggings moet die komitee teen 31 Mei bereik. Daar word ook van die komitee verwag om openbare verhore te hou. Die komitee moet teen 30 Augustus aan die Parlement verslag doen oor die uitslag van die hersieningsproses.

Foto: Christa Eybers / EWN.


Bron: ewn.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.