-deur Rosa Hofgärtner / Binneland

9 Augustus 2018

Sonpanele in die vorm van ’n kruis, ’n Madonna van herwinde plastiek of sensors vir krane by moskees: die aantal omgewingsbewuste kerke en moskees in Nederland is aan die toeneem.

Vandeesweek het die twee honderdste godsdienstige gemeenskap sy ‘groen’ etiket ontvang.

Verlede jaar was daar slegs 130 kerke of moskees wat dit ontvang het. ’n Nuwe godsdienstige gemeenskap meld nou weekliks by die Groen Kerkaksie aan, ’n nasionale platform vir godsdiensinstellings.

Die groen kerke en moskees streef nie net daarna om minder en groener energie te gebruik nie, maar wil ook hulle lede oor volhoubaarheid inlig.

Groen dakke

Die Groen Kerkaksie is ’n inisiatief van Kerk in Aksie en Tear, twee oorkoepelende organisasies. Hulle vaardig die groen etiket uit en adviseer oor energiebesparende stappe soos die installering van sonpanele en spesiale verf wat temperatuur beter beheer of LED-beligting vir energiebesparing.

Daarbenewens kan plante op kerkdakke aangeplant word wat sorg vir isolasie en die bevordering van biodiversiteit. Sommige kerke kom ook vorendag met hul eie inisiatiewe, soos die Dominikaanse Kerk in Zwolle. Daar het ’n kunstenaar ’n beeld van Maria uit herwinde plastiek gemaak.

[Dalk iets vir kerke in Suid-Afrika om ook te begin oorweeg?]

Foto: Die Trefpuntkerk in Broek op Lange Dijk het die sonpanele in die vorm van ’n kruis geplaas.

Willem Poortvliet

 

 

Bron: https://nos.nl/artikel/2245101-groen-geloven-zonnepanelen-in-kruisvorm-en-zuinige-kranen-in-moskeeen.html

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.