11 April 2019

Die oorweldigende reaksie op die Christen Konsensus in Suid-Afrika het Christen-stemme verenig en het ’n groot ontwaking (#GreatAwakeningSA) onder God se kinders tot gevolg gehad. Vir die eerste keer in die geskiedenis verenig Christene in al hul diversiteit om ware verandering te bring. Christene maak 80% van die bevolking uit in Suid-Afrika en vorm die meerderheid. As sulks kan ons, as Christelike landsburgers, ’n regering en ’n nasie help vestig wat regverdig is (righteous) deur hoe ons stem en hoe ons optree.

Dr. Arthur Frost, van die Great Awakenings-beweging en wat betrokke is by Kingdom Nation en die Christen Konsensus, het die leiding geneem met die voorbidding en gaan saam met sy vrou, Janine, oor die volgende twee weke al nege provinsies besoek, om die nasie se voorbidders te ontmoet.

Dr. Frost nooi almal om by hulle provinsiale gebedsgroep aan te sluit om meer besonderhede te ontvang.

As jy deel wil wees van hierdie geestelike ontwaking, is jy welkom om aan te sluit.

Kontak 082 608 5711


Bron: greatawakeningsa.co.za

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.