20 Maart 2017

MultiChoice gaan die verskeidenheid van geloofsgebaseerde programmering op 3 April 2017 uitbrei met die bekendstelling van die globale netwerk, GOD TV. Die nuwe kanaal sal beskikbaar wees op DStv-kanaal 344 en ‘n unieke kombinasie van kontemporêre Christelike inhoud verskaf.

GOD TV, wat in 1995 in Brittanje begin het, saai wêreldwyd van Israel af uit en is al vir 15 jaar lank in Afrika, met hulle kantoor in Kaapstad. Die kanaal sal nou aan ongeveer 10 miljoen DStv-kykers beskikbaar gestel word in Suid-Afrika, Lesotho, Namibië, Swaziland, Zambië, Zimbabwe, Malawi, Botswana, en Mosambiek.

GOD TV-Afrika word in Kaapstad gelei deur Marcel Olivier en ‘n dinamiese span wat passievol is oor die mense van Afrika, en oor Afrika se groot potensiaal.

“Ons nooi kykers uit om God op nuwe maniere te ervaar, en bring ‘n boodskap van hoop aan mense op alle vlakke van die samelewing,” sê die netwerk se streekdirekteur vir Afrika, Marcel Olivier.

Hoewel GOD TV baie vooraanstaande Christen-stemme uitsaai, bied dit ook  ʼn platform vir nuwe en opkomende stemme. ‘n Belangrike kenmerk van die skedule is die klem op noemenswaardige gebeure van regoor die wêreld, wat kykers blootstelling gee aan konferensies, ‘crusades’ en byeenkomste wat die wêreld sodoende na Afrika bring.

Missie-Afrika

GOD TV sal hierdie jongste verspreidingwonderwerk met ‘n reeks spesiale uitsendings in April vier wat deur GOD TV se uitvoerende hoof, Ward Simpson in Florida en Marcel Olivier in Kaapstad aangebied sal word. Wees op die uitkyk vir hierdie uitsending op Maandag 3 April om 21:00 EST (VSA); GMT (UK); SAT (Afrika); IT (Asië) en ST (Australasië.) Dit sal ook deur die week herhaal word. Kyk op die GOD TV-skedule vir besonderhede van ander programme.

GOD TV sal beskikbaar wees aan alle kliënte van DStv ongeag hulle pakket.

GOD TV se 24-uur-skedule het ten doel om onkonvensioneel te wees, met ‘n fokus op herlewing en hervorming en ‘n mengsel van regstreekse en plaaslike programme. Die inhoud is nie-denominasioneel wat ‘n wye verskeidenheid Christelike bedienings aanbied. Vir meer inligting oor GOD TV besoek www.god.tv.


Bron: joydigitalmag.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.