-deur Gateway News

6 Oktober

Die Global Leadership Summit (GLS) begin Vrydag 6 Oktober in Johannesburg met die eerste van ‘n tweedaagse leierskapsopleidingskonferensie wat na verwagting in die volgende maand deur 13 000 leiers in Suid-Afrika bygewoon sal word.

Daar sal 21 konferensies in 18 stede en dorpe aangebied word met die eerste een by Mosiek Teatro, Roodepoort, op 6 en 7 Oktober en die laaste konferensie wat op 11 en 12 November by die Taberna Dei Kerk in Kimberley aangebied sal word. Kleiner dorpe soos Knysna en Graaff -Reinet sal ook die GLS aanbied.

Die jaarlikse beraad is 22 jaar gelede deur Bill Hybels, die hoofleier van Willow Creek Community Church in Chicago, Amerika, begin om die beste leierskapsopleiding aan die plaaslike kerk te bied. Dit het in gewildheid toegeneem deur konsekwent kerk-, bedienings- en sakeleiers te inspireer. Vanjaar bereik GLS 1 375 plekke in 128 lande.

“Vanjaar word daaronder meer gefokus op beleefdheid en respek, om deursettingsvermoë aan te kweek, hoe om ʼn span saam te stel, hoe om jou kreatiwiteit en uniekheid te verhoog en op vreeslose leierskap,” sê Janine Couchman van Willow Creek South Africa.

Jy kan meer uitvind oor die beraad en waar dit aangebied word en registreer by: willowcreeksa.co.za

Bron: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.