-deur Erin Coates

11 Augustus  2018

Die gletser wat die vinnigste smelt in die Suidpool, smelt blykbaar nie net weens aardverwarming soos wat voorheen beweer is nie.

Nog ’n moontlike verduideliking waarom hierdie reusegletser in Wes-Antarktika in duie stort, is dat daar ’n bron van vulkaniese hitte onder die Pine Island-gletser is. Oeps!

’n Groep wetenskaplikes van die Universiteit van Rhode Island het die edelgas, Helium-3, daar ontdek wat dui op ’n vulkaniese hittebron onder die Pine Island-gletser, volgens  The Daily Caller

“Helium-3 is soos ’n vingerafdruk vir vulkanisme. Dit kom redelik volop in die seewater daar voor,” het die chemiese oseonograaf, Brice Loose, in ’n verklaring gesê.

Die wetenskaplikes het egter gesê dat dit nie beteken dat vulkanisme die hoofbron van die gletser se massaverlies is nie. Die vulkaniese hittebron is net nog ’n faktor wat oorweeg moet word.

“Die ontdekking van vulkane onder die Antarktiese ys beteken dat daar ’n bykomende bron van hitte is wat die ys laat smelt. Dit sal belangrik wees om dit in te sluit in ons pogings om skattings te maak oor die Antarktiese ys en verdere verhoging van seevlak,” het prof. Karen Heywood van die Universiteit van East Anglia in Norwich, Engeland gesê.

As daar ’n vulkaan onder die Pine Island-gletser is, wonder ek hoeveel ander onbekende bydraende faktore verantwoordelik is vir die smeltende gletsers.


Bron: westernjournal.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.