-deur Jeffrey Schipper

15 April 2019

Radikale Hindoes in Indië het duisende Bybels verbrand in die aanloop tot die huidige parlementsverkiesing. Christene wat die Bybels wettig versprei, word ook bedreig, berig CBN News.

Die Amerikaanse tak van Geopende Deure wys daarop dat ’n radikale sekte wat ’n tak van Hindoeïsme is in Indië, al hoe erger teen Christenskap gekant is.

Die sekte wil die land van Christene en Moslems suiwer, en dié nasionaliste is nie bang om geweld te pleeg om hulle doelwit te bereik nie,” berig Geopende Deure.

Radikale Hindoes vervolg Christene gewelddadig: hulle val Christene se huise aan, vernietig Christelike boeke en stuur dreigemente via sosiale media. Die plaaslike regering steun die Hindoes indirek deur die antibekeringswette wat in werking gestel is. Om jou tot die Christendom te bekeer, is volgens hierdie wette strafbaar. Wanneer Christene geweld rapporteer of wanneer geweld gepleeg word, tree die polisie dikwels nie op nie.

Ondanks die toename in die aantal voorvalle van geweld teen Christene, volhard die Christene in hulle geloof en gaan hulle voort om Jesus te volg. “Vervolging is ’n seën vir my,” sê ’n pastoor wat die onlangse voorval beleef het, toe Bybels in die openbaar verbrand is. “Nie almal het die voorreg om vir Jesus te ly nie.”

Indië het verlede Donderdag met hulle parlementsverkiesing begin. Die verkiesing word gesien as ’n referendum oor die gewildheid van premier Narendra Modi, wat vyf jaar gelede met ’n absolute meerderheid gewen het.


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.