-deur Lorraine Caballero

19 April 2017

‘n Televisieprogram oor die geskiedenis wys hoe ‘n pastoor van Fresno en ‘n Oxford-genetikus na vyf lande reis in hulle soeke na Jesus se DNS.

Sondag was die première van die program, The Jesus Strand: A search for DNA. Die program handel oor pastoor Joe Basile van Fresno en Oxford Universiteitgenetikus, George Busby, wat na Bulgarye, Engeland, Israel, Italië, en Spanje reis, op soek na Jesus se DNS, berig die Fresno Bee.

Deur gebruik te maak van die nuutste DNS-tegnologie ondersoek George Busby en Joe Basile van die wêreld se beroemdste heilige artefakte, insluitende die Kleed van Turyn, Die Sudarium (sweetdoek) van Oviedo en die pas ontdekte bene van Jesus se neef, Johannes die Doper.

Daarbenewens het Basile en Busby 25 dae bestee aan die besoek van heilige plekke wêreldwyd om monsters te neem van heilige artefakte, en dit te analiseer. Hulle hoop om ‘n DNS-monster van Jesus of enige van sy familielede te vind, in ‘n poging om sy nasate te identifiseer.

“Die doel was om wetenskap en geloof te kombineer. Ons gebruik die Bybel as ‘n padkaart,” het pastoor Basile gesê. “Ons het meer ontdek as wat ek aanvanklik gedink het.”

Byskrif: (Reuters / National Human Genome Research Institute) ‘n illustrasie van ʼn DNS-dubbelheliks


Bron: christiandaily.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.