-deur Will Maule / Faithwire

5 April 2018

Die Britse akteur, Eddie Redmayne, wat die rol van professor Stephen Hawkings in die Oscar-bekroonde rolprent,  The Theory of Everything vertolk het, het Saterdag in die universiteitsdorp van Cambridge, Engeland, Hawking se begrafnis bygewoon. Die Oscar-bekroonde akteur het by die diens, wat by die Universiteitskerk van St. Mary the Great gehou is, gepraat en selfs ‘n Skrifgedeelte uit die Bybel voorgelees.

Die gekose teks is geneem uit Prediker 3: 1-11 – Daar is ʼn tyd vir alles.

“Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei? Ek het gesien dat God aan die mens ‘n taak gegee het om hom mee besig te hou. God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.” – Prediker 3:9-11.

“Ons het ‘n verstommende wetenskaplike  en die grappigste man verloor wat my voorreg was om te ontmoet. My medelye aan sy  wonderlike gesin, “het Redmayne gesê.

Die diens is waargeneem deur dr. Cally Hammond, die dekaan van die Universiteit van Cambridge se Gonville en Caius Kollege, waaraan prof. Hawking 52 jaar lank verbonde was.

Hoewel sommige dit vreemd vind dat so ‘n uitgepsroke  ateïs ‘n Skrifgedeelte  tydens sy begrafnis wou laat voorlees, is ander bemoedig deur die latere professor se  ontvanklikheid vir Bybelse wysheid.

“Ons pa se lewe en werk het baie dinge beteken vir baie mense, beide godsdienstig en nie-godsdienstig,” het die verklaring gelui. “Dus, sal die diens inklusief sowel as tradisioneel wees, wat die breedte en diversiteit van sy lewe weerspieël …” het die verklaring gesê.

Byskrif: Foto deur Tim P. Whitby / Getty Images


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.