-deur Prophecy in the News

11 Oktober 2018

George Soros sê hy is bekommerd en gefrustreerd oor die spoed waarmee president Donald Trump die New Wêreldorde afbreek.

In ’n eksklusiewe onderhoud met die Washington Post het die biljoenêr erken hy is spyt dat hy nie voorsien het dat Trump so skielik soveel mag sou hê nie.

Hy het gesê hy is bevrees dat Trump “bereid is om die wêreld te vernietig” en het belowe om “miljoene dollars” te gebruik om Trump teen te staan.

Zerohedge.com berig: Hoewel die Hongaarse Amerikaner in sy onderhoud so negatief is, het hy eintlik rede om so te voel, want Trump het daarvoor gesorg dat die liberaal-globalistiese wêreldorde wat Soros oor dekades opgebou het, afgebreek word en dat Christelike sedes, etiek en waardes terugkeer na die Amerikaanse samelewing – idees wat absoluut aanstootlik is vir die ateïs biljoenêr.

Vanuit Soros se oogpunt is Trump inderdaad besig om die wêreld te vernietig, nou nie in die apokaliptiese sin soos wat hy impliseer nie, maar in die ideologiese sin dat Trump ’n heeltemal nuwe wêreldorde aan die skep is as die een wat hy geërf het.

Obama, wat as Soros se surrogaat in die Wit Huis beskou kan word, het hard gewerk om ’n wêreld te skep waar Amerika voor die gesag van die Verenigde Nasies buig vir baie (maar nie alle) sleutelkwessies soos klimaatsverandering en volhoubare ontwikkelingsagendas. Dit het ’n nuwe multilateralisme aangewakker wat internasionale betrekkinge nader aan ’n sogenaamde “een-wêreldregering” sou bring.

Volgens die Obama-Soros-visie het die media al hul teenstanders as “rassistiese, fascistiese, ‘white supremacists’” aangeval, omdat die teenstanders durf dink het dat die toekoms anders daarna kan uitsien. Maar toe verskyn Trump op die toneel en begin hy hul nalatenskap af te breek.

Die wêreld wat Trump wil bou, is een met Amerika onbeskaamd aan die voorpunt waar dit die pas aangee. Hy wil ook die vele historiese foute regstel wat volgens hom deur Obama, Soros en al die ander voor hulle begaan is, deur Amerika se mag vrywillig te laat inperk met eensydige handelstransaksies en onregverdige verpligtinge.

Hierdie globale herkalibrasie kan inderdaad beskryf word as ’n “Revolusie in Wêreldsake” weens die “nuwe denke” wat nou dien as riglyne vir Amerika se beleid.

Kyk hier na ’n insiggewende video waarom George Soros deur baie as die gevaarlikste man in Amerika beskou word. Dit is van belang vir Suid-Afrikaners omdat president Cyril Ramaphosa onlangs ’n vergadering met Soros gehad het.

Datum gepubliseer: 08/10/2018

Foto: George Soros


Bron: prophecyinthenews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.