-deur Yonat Shimron

7 Augustus

Die nuus dat wetenskaplikes vir die eerste keer suksesvol daarin geslaag het om gene van ’n menslike embrio te wysig, het hierdie week ‘n opskudding veroorsaak.

In die eksperiment, wat in ’n artikel in die joernaal, Nature, gepubliseer is, word beskryf hoe wetenskaplikes ‘n mutante geen –  wat ’n sekere harttoestand veroorsaak en tot skielike dood kan lei ̶  verwyder.

Die werk is omstrede omdat dit bewys het wetenskaplikes kan die lewe in die vroegste stadium manipuleer en dat daardie veranderinge dan deur toekomstige geslagte geërf sou word, as die embrio toegelaat word om in ‘n baba te ontwikkel. [Die betrokke embrio is vernietig  – wat ook vir ons as Christene problematies behoort te wees.]

Dit hou die aanloklike belofte in dat die baba siektevry sal wees en nie die siektetoestand aan sy of haar nageslag kan oordra nie.

Die navorsingswerk bring ’n magdom etiese vrae na vore. Moet hierdie aanpasde embrio’s toegelaat word om tot babas te ontwikkel? Kan wetenskaplikes ongewenste eienskappe wysig om “ontwerper babas” te skep? Kan dit ongelykheid in die samelewing verhoog tussen diegene met toegang tot sulke tegnologie en dié daarsonder?

Arthur Caplan, die stigter van die Afdeling Bio-etiek aan die Universiteit van New York, het sommige van die vrae beantwoord. Lees meer oor die vrae en sy antwoorde by http://www.christianheadlines.com/news/gene-editing-gateway-to-promised-land-or-key-to-pandora-s-box.html

Byskrif: Foto: Shutterstock

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.