8 Julie 2018

Verlede naweek is daar in media berig oor die hond, Sasha, wat vermis geraak het toe sy by die motor se venster uitgespring het tydens ’n kaping in Kaapstad. 

Volgens ’n berig op goodthingsguy.com (www.goodthingsguy.com/) het mense van die gemeenskap saamgespan om die hond te help opspoor nadat die verhaal op Facebook geplaas is in die hoop dat Sasha opgespoor sal word.

Image result for Louise Schachat

Iemand het die hond naby die lughawe opgemerk. Volgens die berig op goodthingsguy het Kelsey Hendricks na die industriële gebied naby die lughawe gery waar sy nog ’n groep vreemdelinge ontmoet het wat ook na die hond gesoek het. Hulle het via Facebook ooreengekom om weer die volgende dag daar te ontmoet en verder te soek. Sasha se eienaar, Arnold, het met sy ander hond opgedaag in ’n poging om Sasha só nader te lok. 

Hendricks vertel dat hulle Sasha gewaar het en na ’n paar angsvolle minute waarin hulle gevrees het dat sy in die township sal invlug, het sy na Arnold se motor gehardloop en by die oop motordeur ingespring.

Image may contain: dog, tree, outdoor and nature

Die hond het ’n sny aan haar gesig gehad en is na die veearts geneem.

Die kaping het in Rondebosch plaasgevind en die kaper het met die twee honde, Sasha en Khaya agterin weggejaag. Die kaper is later gevang en in hegtenis geneem nadat hy met die motor in ’n muur vasgery het, Khaya was nog agter in die motor.


Bronne: Facebook / Goodthingsguy.com 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.