-deur Robbie Hift

20 Maart 2019

Oupas, pa’s, seuns en vriende het onlangs uit alle uithoeke van Suid-Afrika gereis om saam die aangesig van die Here te soek by die Oos-Kaapse Mighty Men Konferensie.

Eugene Genis, uitvoerende leier van MMC, het die verrigtinge met gebed geopen en Retief Burger was die aanbiddingsleier tydens die konferensie wat oor drie dae gehou is. Konferensiegangers was beïndruk met die manier waarop hy die aanbidding gelei het. Daar was geen gees van selfverheerliking nie, Burger het die manne in die teenwoordigheid van die Here ingeneem en op die grootheid van God gefokus.

Johnny Young was Vrydagaand die hoofspreker. Hy is ’n rowwe diamant wat vroeër ‘n treinbestuurder in die ou Transvaal was en ’n baie rowwe lewe gelei het voordat hy Jesus Christus leer ken het.

Neville Goldman was een van die gasspreker. Hy het met die harte van vaders gepraat om hulle te laat besef dat hulle verantwoordelik is vir die onderrig en leiding van die volgende geslag sodat seuns Godvresend grootword.

Afrika Mhlophe het hom sterk uitgespreek oor die politieke korrupsie en skynheiligheid in Christelike organisasies. Hy het die manne uitgedaag om “opregte” Christene te wees – om uit te leef wat hulle glo, om eerlik te wees, om uit te leef wat hulle verkondig.

Joe Niemand het die manne ook bedien en toe ’n wonderlike ding gedoen. Hy het duisende van sy nuwe album gratis aan almal gegee wat een wou hê! Dit moes hom ’n klein fortuin gekos het!

Die gesinsdiens op Sondagoggend was natuurlik die hoogtepunt van die naweek, toe duisende mans, vroue en kinders die veld volgepak het in afwagting op die stigter van Mighty Men, Angus Buchan, gewag het.

Buchan het gesê: “Ons is geroep om ambassadeurs van Christus te wees, maar is ons goeie ambassadeurs in ons daaglikse lewe? Hoe behandel jy jou vrou? Is jy vriendelik of is jy onbeskof? Wat van jou kinders? Luister jy na hulle of is jy te besig om geld te maak om tyd vir hulle in te ruim? En jou besigheid? Is jy eerlik of bedrieg jy net so ’n bietjie?”

Die Heilige Gees was voorwaar teenwoordig en het ’n groot verandering gebring in die lewens van duisende mans, vroue en kinders.

Vir die volledige berig in Engels, besoek gatewaynews.co.za


Bron: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.