-deur Mark Ellis

21 Maart 2017

Vier maande gelede is Youth With A Mission (YWAM)-sendeling, Jeffery Woodke, deur gewapende terroriste in die Wes-Afrikaanse nasie, Niger ontvoer.

Op 14 Oktober het die ontvoerders op motorfietse by sy huis in Abalak aangekom, sy lyfwag en huishulp geskiet, en Woodke gevange geneem.

Daar word vermoed dat die terroristegroep wat hom ontvoer het, die Movement for Unity and Jihad in West Africa (MUJAO) is, ‘n groep wat bande met Al-Kaïda het. Die vermoede is ook dat die ontvoerders die grens oorgesteek het na Mali.

Woodke het die plaaslike kultuur as sy eie aangeneem. Hy het ʼn tulband gedra, die taal aangeleer en is gerespekteer deur die Abalak-inwoners. Na die ontvoering het die dorp se burgemeester die gemeenskap se verdriet uitgespreek.

Woodke se broer, ‘n inwoner van San Diego, is bekommerd of sy broer voldoende voedsel en medisyne ontvang. “Word hy gemartel?” “Leef hy nog?” Het hy gevra.

Ten tyde van die ontvoering, was Woodke se vrou, wat saam met hom sendingwerk gedoen het, by die egpaar se huis in Kalifornië. Hy het pas teruggekeer na Niger en sy was van plan om by hom aan te sluit. Na sy aankoms het hy haar egter gewaarsku dat te gevaarlik is vir haar om terug te keer.

Familielede het gevra dat daar vir Woodke se veilige terugkeer gebid moet word.


Bron: blog.godreports.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.