-deur Errol Naidoo

12 November 2017

Die feitlik daaglikse onthullings van die regering en privaat sektor se korrupsie kan oorweldigend wees vir die meeste burgers. God is besig om die verborge dinge aan die lig te bring – en dit is goeie nuus!

Baie Christene bid vir Suid-Afrika. Wat ons op ons TV-nuus en in koerantopskrifte sien, is die antwoord op hierdie opregte gebede. Ons dien ‘n God wat nie net ons gebede hoor nie – Hy antwoord hulle ook! Om nou vir Suid-Afrika in te tree en te bid, is die doeltreffendste ding wat ons vir vrede kan doen.

President Jacob Zuma en sy beskermers veg ‘n verlore stryd. Hoe meer moeite hulle doen om die nasie te mislei, hoe meer bring God hulle bose dade aan die lig. Mediablootstelling van mnr. Zuma se korrupte en kriminele aktiwiteite is aan die toeneem. Dieselfde geld vir verskeie ANC-amptenare, staatsondernemings en ‘n groeiende aantal korporasies wat aktief betrokke is by die korrupte en kriminele aktiwiteite van die Gupta-misdaadfamilie.

Die Gupta- / Zuma-korrupsieskandale het  Britse regeringsamptenare en die FBI se aandag getrek en is nou die onderwerp van internasionale kriminele ondersoeke.

Senior Christen-leiers in Suid-Afrika beplan ʼn nasionale gebedsinisiatief op Vrydag 24 November  om die Here te versoek om in ons land in te gryp. Daar word verskeie openbare protesaksies vir daardie dag beplan word. Hoewel geldig , kan hierdie protesaksies potensieel wydverspreide geweld in die land veroorsaak.

Voor die eerste demokratiese verkiesing in 1994 is Suid-Afrika geteister deur politieke onstabiliteit en geweld, maar Christene van alle vlakke van die samelewing het in gebed verenig. God het ingegryp en verkiesingsdag, 27 April 1994, was die  vreedsaamste dag van die jaar.

Die nasie staar ​weereens politieke onstabiliteit in die gesig. Duister magte stook vure van rassehaat en konflik aan. Korrupsie en die plundering van staatshulpbronne dreig om die ekonomie van SA te verwoes.

God se Woord verklaar: “Wanneer die teëstander aanstorm soos ‘n rivier, jaag die Gees van die Here hom op loop.” – Jesaja 59:19. God se standaard is geregtigheid en waarheid.

Die tyd het aangebreek vir gelowiges in Jesus Christus om alle onderlinge verskille uit die weg te ruim en as een Kerk te verenig in opregte gebed en voorbidding vir die siel van hierdie volk. Laat  asseblief alles staan waarmee jy besig is op 24 November tussen 12:30 – 14:00 en kom saam met familie, vriende of kollegas byeen om dringend te bid dat geregtigheid in Suid-Afrika sal geskied.

Die gees van moord, verkragting en geweld teister ons nasie. Net God kan hierdie waansin stop en Hy beveel ons om te bid! Kom ons stel ons vertroue in God en gehoorsaam Sy Woord. Hy sal ons nie in die steek laat nie.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.