-deur Benjamin Gill

12 Februarie 2019

“Vader, ons bid dat U U oorvloedige seën en wysheid oor die president, die visepresident, sy kabinet en sy span sal uitstort. Ons bid dat U hom sal verfris, dat U hom sal lei met wyse raad.” Dit is die gebed wat senator James Lankford tydens die nasionale gebedsontbyt vir president Donald Trump gebid het.

Die gebed vir die president volg kort op die hakke van die president se staatsrede wat gelewer is te midde van ’n uiters verdelende tyd in die nasie.

Senator Lankford het onder meer gebid: “Ons bid dat U ons president sal lei terwyl hy ons nasie lei. Gee hom die insig wat hy nodig het. Skenk hom vreugde in sy taak en gebruik hom vir U Koninkryk en ter wille van ons nasie en die wêreld. In die Naam van Jesus vra ek dit.”

Senator Chris Coons het toe gebid: “Hemelse Vader, ons bid vir almal in gesagsposisies. Vanoggend bid ons spesifiek vir president Trump en vra dat U wysheid, U seën en U vrede op hom en sy gesin sal rus terwyl hulle ons dien. Ons bid dat U vandag die president se hart sal aanraak en almal wat vanoggend hier saam met ons vergader het. In Jesus se Naam bid ons dit. Amen.”

President Trump het ook by die gebedsgeleentheid gepraat en gesê: “Ons is so geseën om in ’n land te woon waar alles moontlik is.”

Hy het gewys op Jesus se beloftes in die Bybel en gesê: “Vra en jy sal ontvang”.


Bron: www1.cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.