-deur Jeffrey Schipper

10 Augustus 2017

‘n Span argeoloë het die geboorteplek van drie van Jesus se dissipels, insluitend Petrus, ontdek. Die navorsers het Romeinse baddens naby die Tiberias-meer aangetref. Die navorsers is oortuig hulle het die Romeinse keiserlike stad, Julias, ontdek wat in die Bybel bekend staan as Betsaida. Die Nuwe Testament verklaar dat dit die geboorteplek van Andreas, Petrus en Filippus was. In Johannes 1: 44-45 staan daar: “Die volgende dag wou Jesus na Galilea vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My. En Filippus het van Betsaida, uit die stad van Andreas en Petrus. ”

Volgens die Bybel is dit ook die plek waar die vermeerdering van die brood plaasgevind het en Jesus het ‘n blinde genees het. Volgens die argeoloë is die badhuis die belangrikste ontdekking. “Dit toon aan dat hier ‘n stad was en nie net ‘n vissersdorpie nie,” aldus argeoloog, Mordegai Aviam.

Dit is nie die eerste spesiale ontdekking van hierdie navorsers nie. Onlangs het hulle ‘n sinagoge uit die eerste eeu naby die berg Tabor gevind. Aviam: “Dit is die eerste sinagoge wat in die omgewing van Galilea ontdek is en bevestig historiese inligting uit die Nuwe Testament, waarin ons lees dat Jesus in sinagoges in dorpies van Galilea gepreek het.”


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.