-deur Jessilyn Justice

16 Junie 2017

Verslae sê die Virginia-skut “blykbaar vrywillig” op Sen. Bernie Sanders se presidensiële veldtog. Vanoggend het Sen. Sanders gereageer op die nuus en gesê hy is “siek deur hierdie veragtelike daad.”

[Charisma News] Toe Republikein, Steve Scalise, tydens die bofbaloefening aangeval is, het sy kollegas nie geaarsel om vir hom te bid nie.

Republikein, Ruben J. Kihun, het ná die skietery ‘n foto geplaas waarin die Demokrate en Republikeine saamgebid het. “@HouseDemocrats praying for our @HouseGOP @SenateGOP baseball colleagues after hearing about the horrific shooting,” het Kihun getwiet.

Ander regeringsamptenare het ook hulle gebede getwiet, insluitend president Donald Trump.

“Republikein Steve Scalise van Louisiana, ‘n ware vriend en patriot, is ernstig beseer, maar sal ten volle herstel. Ons gedagtes en gebede is by hom,” het Trump getwiet.

“Karen en ek bid vir @SteveScalise, die Capitol Police, en almal seer vir ‘n spoedige herstel. Ons harte is saam met hulle en hul geliefdes,” het mnr. Mike Pence, vise-president, gesê.

“Ons gedagtes en gebede is by @SteveScalise, kongrespersoneel, Capitol Police, en almal wat geraak word deur vandag se verskriklike skietery,” het die Demokratiese goewerneurs getwiet.

Scalise is na berig word in ‘n stabiele toestand. Hy is een van vyf persone wat tydens ‘n Kongressionele bofbaloefening op Capitol Hill geskiet is.

Byskrif: (Foto krediet: Rep. Ruben J. Kihuen / Twitter / via Charisma News)


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.