– deur Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk

13 Junie 2017

Die afgelope week het stede, dorpe en gemeenskappe, veral in die Wes- en Suid-Kaap groot uitdagings in die gesig gestaar. Die trauma om gesinslede en vriende, of die enigste veilige hawe wat jy het te verloor, is oorweldigend.

Kom ons gaan voort om in gebed te verenig, aangesien die verskillende uitdagings in ons land voortduur. Ons word herinner aan die aanmoediging toe ons op 22 April in Bloemfontein saamgebid het: “Moenie vrees nie, spreek hoop uit, verklaar in elke situasie: ‘BUT GOD’. 

Knysnavuur: Humanitêre ondersteuning word gekoördineer vir ‘n beraamde 8 000 tot 10 000 inwoners van die groter Knysna-gebied, ná die verwoestende brande. Op 8 Junie is die skade aan byna 20 voorstede bereken. Bid dat elkeen ʼn veilige hawe en die nodige bystand sal ontvang. Gebiede wat gebed nodig het: Brenton-on-Lake, Brenton-on-Sea, Nanie, Eastford, Knysna Heights, Fisherhaven, Brakenhill, Belvedere Heights, Green Pastures, Greenfield, Jood Se Kamp, White Location.

Bid vir elkeen van hierdie voorstede en ander wat jy by name van weet; bid vir Christene in al hierdie voorstede om die troos en liefde van Jesus aan mekaar te bedien terwyl hulle op hulp wag. Verklaar: Psalm 102:17: “Hy luister na die gebed van dié wat alles verloor het, Hy sal hulle gebed nie verag nie.”

Verifieer alle inligting: Bid dat mense nie sosiale media sal misbruik deur foto’s en video’s van die rampe as vermaak te behandel nie, maar dat hulle sal bid met hoop en geloof en alle verslae wat hulle ontvang verifieer, voordat hulle dit stuur. 

Onmiddellike verligting van die wat haweloos gelaat is. Letterlik duisende mense is tans haweloos gelaat deur die vuur. Bid vir elke plek van beskutting dat alles ontvang sal word, wat nodig is om diegene in nood te voed en te klee. Bid vir meer kerke om betrokke te raak en tydelike huisvesting vir hawelose mense te bied; hulle skuiling, kos, klere en ‘n plek om te slaap te bied. Verklaar: Psalm 91:2: “Ek sal tot die HERE sê: ‘My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.’

Vir ʼn volledige gebedslys, besoek http://www.jwipn.com/prayer-alert-disaster-stricken-areas/


Bron: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.