-deur Carly Hoilman

7 Mei 2018

Die mense van Hawaii het jou gebede nodig na ’n massiewe vulkaniese uitbarsting. Donderdagaand moes meer as 1 700 inwoners van Hawaii hul huise ontruim nadat die eiland se Kilauea-vulkaan uitgebars het en lawa deur die bosse gestroom en teerstrate ingesluk het.
Volgens die plaaslike News 1130, kon owerhede nie voorspel hoe lank die uitbarsting kon duur nie, wat daartoe gelei het dat Hawaii se goewerneur die nasionale weermag ingeroep het om met die ontruiming te help en die veiligheid te verseker van sowat 770 verlate strukture terwyl die inwoners skuiling gaan soek het.
Die lawa het tot dusver 26 huise verswelg en honderde meer word steeds bedreig. Nagenoeg 2 000 mense moes nou al ontruim word. Sommige inwoners is toegelaat om terug te keer om troeteldiere te gaan haal, maar volgens owerhede is dit nie veilig om daar te bly nie.
Die lawa het tot 70 m hoog in die lug op geskiet.
Donderdag se uitbarsting volg op ‘n reeks natuurrampe wat die eiland oor die afgelope paar weke getref het.
Vroeër verlede week het die Puu Oo-kratervloer begin ineenstort, wat ‘n reeks aardbewings tot gevolg gehad het. Talle aardbewings het die Puna-distrik getref, wat veroorsaak het dat verskeie paaie gekraak het.
News 1130 het berig dat ‘n aardbewing van 5 op die rigterskaal ’n paar uur voor die uitbarsting op Donderdag aangeteken is.
Kilauea is een van die wêreld se aktiefste vulkane en oor die afgelope 35 jaar konstant uitbarstings.
Die Christelike liefdadigheidsorganisasie Samaritan’s Purse het verlede maand sy eerste hulpverleningspoging in Hawaii geloods nadat dele van Kauai groot oorstromings beleef het. “Ek het die geweldige skade gesien wat gesinne in Kauai in die gesig staar nadat honderde huise oorstroom is, en die reën modderstortings veroorsaak en paaie weggespoel het,” het Franklin Graham, die uitvoerende bestuurder van Samaritan’s Purse gesê. “Ons is hier om die liefde van Jesus Christus met gesinne in nood te deel en hulle te help om hulle te herstel. Ons wil hulle herinner dat hulle nie alleen is nie.”

Met die onlangse natuurrampe in Hawaii is hulp en gebede nou dringend nodig.

Byskrif: Foto Yahoo Nuus via Twitter


Bronne: faithwire.com en bbc.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.