Deur Dan Andros

Wêreldbeskouings het gevolge.

’n Wêreldbeskouing wat God uitsluit, laat ’n massiewe leemte en die mens begin dan natuurlik iets anders as God soek as die finale gesag in hulle lewens. Wanneer ons na ons gevalle medemens (en sy burokratiese stelsels bestaande uit feilbare mense) kyk vir ons verslossing, kan dit net tot moeilikheid lei.

Tans is die neiging om die leemte met politici soos die opkomende Amerikaanse Demokratiese politieke ster, Alexandria Ocasio Cortez, te vul. Dít is wat sy getwiet het in die nasleep van die verskriklike aanval in Nieu-Seeland:

Alexandria Ocasio-Cortez

✔@AOC

At 1st I thought of saying, “Imagine being told your house of faith isn’t safe anymore.”

But I couldn’t say “imagine.”

Because of Charleston.
Pittsburgh.
Sutherland Springs.

What good are your thoughts & prayers when they don’t even keep the pews safe?

84.8K

6:13 AM – Mar 15, 2019

Nadat sy kritiek ontvang het, het sy probeer om te verduidelik: “‘Thoughts and prayers’ is reference to the National Rifle Association (NRA)’s phrase used to deflect conversation away from policy change during tragedies. Not directed to Prime Minister Ardern, who I greatly admire.”

Om te bid, is nie net ’n NRA-slagspreuk nie – dit is iets wat honderdmiljoene mense gereeld doen, veral wanneer onbegryplike boosheid en tragedies plaasvind, soos wat ons pas in Nieu-Seeland gesien het. Gebede moet waardeer word, nie gespot word nie.

Kom ons ondersoek haar twiet, wat sê sy werklik? Die duidelike implikasie is dat ’n hoër mag mense nie kan beskerm teen gewere nie – slegs optrede deur die federale regering.

Dit is wat baie mense vandag glo. Beto O’Rourke het gister sy kandidaatskap vir die presidensiële verkiesing aangekondig en het dit afgesluit deur te sê: “Ons is werklik nou, nog meer as ooit tevore, die laaste groot hoop vir die Aarde.”

Maar hy, soos ’n toenemende aantal progressiewe Demokrate, draai die rug op geloof eerder as om dit te omhels.

Namate die kultuur verder en verder wegbeweeg van God af en Hom toenemend as ’n probleem eerder as die oplossing beskou, sal hulle hul hoop in menslike hande begin plaas. Politici moedig hierdie ingesteldheid aan en buit mense se ergste vrese uit.

Dit is verwaand, selfsugtig en dwaas om enigiets anders as gebed as die antwoord in tye van groot gevaar te oorweeg. Maksimum gevaar is presies wanneer ’n mens meer moet bid, nie minder nie. En dit is hoekom dit aanstootlik is dat Acasio-Cortez gebed as ’n betekenislose daad afskryf wat ons eintlik verleë oor behoort te wees.

Ons is in groot gevaar – maar nie vir die redes wat Beto of Acasio-Cortez voor hou nie. Hulle dink ons ​​is in die moeilikheid omdat ons te veel vertroue in God plaas, wanneer ons in werklikheid nie genoeg vertroue in Hom plaas nie.

En soos ons deur die geskiedenis gesien het, eindig sake nooit goed vir lande wat besluit het dat hulle beter weet en hulle rug op God keer nie. Daarom moedig ek jou aan om nie na politici te luister nie, maar eerder te bid.

Bid nou meer as ooit vir herlewing in hierdie land en oor die hele wêreld.

Bid dat ons terugkeer na die God van die heelal wat soewerein is oor almal.

Bid dat ons eerder na Hom sal terugkeer as om van Hom af weg te loop.

Bid, bid, bid, bid, bid – en bid dan nog.

Foto: Scott Eisen / Getty Images


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.