4 Januarie 2019

Verlede Maart het ’n Islamitiese terroris ’n supermark in Trèbes, Frankryk, bestorm, twee mense doodgeskiet en ander gyselaar geneem. Tydens onderhandelinge met die polisie het die terroris ingestem om ’n polisie-luitenant se aanbod te aanvaar om plekke te ruil met die laaste gyselaar, ’n vroulike kassier. Die polisiebeampte, Arnaud Beltrame, is daarna vermoor.

Ter ere van sy heldhaftige optrede, is daar voorgestel dat ’n plek in Marseille na hom genoem moet word, maar linkse amptenare het die plan ge-veto op grond daarvan dat dit Marseille se groot Moslem-bevolking aanstoot kan gee.”

Hoekom sou Moslems aanstoot neem as ’n polisieman vereer word wat bereid was om sy eie lewe te waag vir iemand anders?

Een moontlike rede is dat baie Moslems die lewens van Moslems bo dié van nie-Moslems plaas. Dit strek verder as die normale neiging om te identifiseer met mense van dieselfde ras, godsdiens of etnisiteit. Dit is ’n kwessie van doktrine.

Volgens die Koran het Allah Moslems “die beste van die volke” gemaak (3: 110). Hoeveel beter? Een sharia-wet bepaal dat die waarde van ’n Jood of Christen een derde is van die waarde van ’n Moslem (04.9). Daarbenewens is ’n Moslem wat ’n nie-Moslem doodmaak nie onderhewig aan vergelding nie, dit wil sê die doodstraf nie (o1.2), hoewel hy dalk ’n boete moet betaal.

Luitenant-kolonel Beltrame het die Moslem nie doodgemaak nie, maar probeer om hom te ontwapen. Sy mislukte poging was die katalisator vir sy mede-offisiere om in te beweeg en die terroris dood te skiet. Vanuit ’n Westerse oogpunt is dit ’n duidelike geval van die goeie ouens teen die slegte ou, met die goeie ouens wat uiteindelik gewen het.

Maar probeer om na die voorval te kyk vanuit ’n godsdienstige Moslem se oogpunt. Dat ’n Moslem vermoor is, is erg genoeg, maar om ’n plek te vernoem na die man wie se optrede tot die Moslem se dood gelei het, is sout in die wonde. En wat het Beltrame gedoen wat so belangrik was? Hy het die lewe van ’n vrou gered wat nie ’n Moslem is nie – ’n skepsel wie se waarde volgens die sharia-wet selfs laer is as dié van ’n man wat nie ’n Moslem is nie (o4.9).

Kortom, vanuit ’n Islamitiese oogpunt, was Lakdim, die Moslem, ’n martelaar. Dit is nie dat Moslems nie daarin glo om helde te vereer nie. Hulle deel daardie waarde met ander kulture. Maar daar is ‘n beduidende meningsverskil oor wie kwalifiseer vir heldestatus.

Ironies genoeg is luitenant-kolonel Beltrame ook deur sy geloof gemotiveer. Hy was ’n toegewyde Rooms-Katoliek. Volgens die priester, Dominique Arz:

“Die feit is dat hy openlik was oor sy geloof; hy het dit uitgestraal. Ons kan sê sy daad van self-opoffering stem ooreen met wat hy geglo het. Hy het sy land tot die einde toe gedien en tot die einde sy geloof uitgeleef.”

Volgens ’n ander priester wat Beltrame goed ken het:

“Dit lyk vir my dat slegs sy geloof sy onbaatsugtigheid kan verklaar. Hy het geweet dat daar geen groter liefde is as om jou lewe vir iemand anders neer te lê nie – soos Jesus ons geleer het.”

Aan die een kant het jy ’n man wat sy lewe gee sodat ’n vreemdeling kan lewe omdat hy glo dat alle mans en vroue na die beeld van God geskape is. Aan die ander kant het jy ’n man wat vreemdelinge se lewens neem sodat hy die ewigheid kan geniet in die geselskap van maagde wat spesiaal vir hom gereserveer is.

Frankryk moet kies tussen twee toekomste: óf Lakdim se geloof óf luitenant-kolonel Beltrame se geloof. Die derde alternatief – ’n totale sekulêre staat – is alreeds beproef; dit kon nie die opmars van Islam teenstaan nie. Daarbenewens lyk dit of gesekulariseerde Frankryk homself afgesny het van die Christelike bron van die waardes wat hy glo so hoog aanslaan – vryheid, gelykheid, broederskap en die waardigheid van elke individu.

Islam eis dat ander hulle aan hom onderwerp. En een van die dinge wat hulle ander dwing om die knie voor te buig, is die lering dat alle mense nie gelyk geskape is nie. As Frankryk ingee en ’n Islamitiese toekoms aanvaar, kan die land maar vergeet van vryheid, gelykheid en broederskap.

Bron: https://www.lifesitenews.com/opinion/if-the-french-cave-to-islamic-influence-they-can-forget-about-equality-and

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.