-deur Serena Carter

5 Februarie 2019

Onlangs het MSNBC se Craig Melvin ’n onderhoud gevoer met Franklin Graham om oor Billy Graham se bediening en president Donald Trump te praat.

Nadat hy ’n bietjie oor Billy Graham se nalatenskap gepraat het, is Franklin Graham uitgevra oor ’n onlangse rubriek wat hy vir Fox News gedoen het. Die verslaggewer het daarop gewys dat Graham in die rubriek gesê het die waarheid is 100% korrek.

Craig het ook verwys na ’n onlangse Washington Post-artikel. Daarin is beweer dat pres. Trump 8 158 vals of misleidende aansprake gemaak het, volgens iemand wie se werk dit is om feite na te gaan.

Franklin Graham het geantwoord: “Ek weet nie hoe om dit te versoen met Trump nie, want ek het nie die feite nie. Julle het iemand wat die feite rakende die president nagaan, maar julle het nie iemand wat die ‘feite’ wat in die media weergegee word, ook nagaan nie.”

Craig het gesê: “Ek en jy weet dat hierdie president dinge herhaaldelik gesê het wat nie waar is nie.”

Graham het geantwoord: “Nee, ek weet dit nie. Ek sit nie rond en probeer elke dag elke fout wat die president maak, te vind nie. Ek is nie op soek na elke dingetjie wat hy dalk verkeerd kon interpreteer of verkeerd oorgedra het nie. Ek doen dit nie … Ek dink nie die president sit agter die lessenaar om doelbewuste leuens op te maak nie. Ek glo dit nie vir een sekonde nie. Het hy verkeerde dinge gesê? Ja. Almal van ons doen dit. Jy doen dit en ek doen dit. Soms is ons feite nie korrek nie en ons sê iets net om later te besef ons kon dit beter gestel het of ons het ’n wanvoorstelling gemaak.

“Ek dink die president probeer om die beste onder baie moeilike omstandighede te doen,” het Franklin voortgegaan. “Die probleme wat ons as nasie in die gesig staar, is so kompleks, daar is geen manier waarop die president of kongres of enige individuele persoon dit kan oplos nie. Ons is besig om voor te berei vir nog ’n presidensiële veldtog en dalk gaan ons weer dieselfde president hê, ek weet nie. Maar niemand kan die probleme eensklaps oplos nie, Craig. Dit is te kompleks. Ons het God nodig, en as ’n nasie het ons ons rug op God gedraai. ”

Craig het geantwoord: “Ek en jy kan wel saamstem dat een persoon beslis ’n duidelike voorbeeld vir ons almal kan stel.”

Franklin het geantwoord: “Ons het nou iemand nodig wat ons land en ons probleme kan oplos. Ja, ons het ‘n paar goeie voorbeelde in die geskiedenis gehad, maar ander was nie sulke goeie voorbeelde nie. Die Amerikaanse volk het Donald Trump as die president verkies en hy is die president. Ons moet saam met hom werk en hom ondersteun terwyl hy die president is. As hy slaag, sal dit tot ons voordeel wees … ons sal almal daarby baat as hy suksesvol is. As hy misluk, gaan dit net nog moeiliker wees vir die volgende president.


Bron: faithfamilyamerica.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.