-deur Emily Jones

2 Julie 2018

Wêreldbekende evangelis Francis Chan het Amerikaanse Christene vermaan omdat hulle dikwels meer bekommerd is oor luidsprekers, musiek en gerieflike eredienstye as die Evangelie.

“Ek wil nie krities wees nie, maar die Christelike kerk in Amerika het laf geword,” het hy tydens sy preek gesê.

Chan het ook verwys na ’n onlangse reis na Israel en hoe hy soveel mense van verskillende gelowe gesien het wat aanbid in Jerusalem.

“Daar is groepe mense wat by die Klaagmuur bid. Daar is duisende Moslems wat op die Tempelberg bid. Mense van allerhande gelowe is doelgerig gefokus op hulle godsdiensoortuiging. En dan is daar die Christendom in Amerika waar slegs opdaag as hulle hou van die prediker, of van die aanbiddingspan wat daardie dag speel . . . ” het Chan gesê. “Het jy al gedink hoe die Kerk daarna uitsien vir ’n buitestaander?

Chan het erken dat hy ook vasgevang was in die kerkkonferensies, gewilde aanbiddingsgroepe en charismatiese sprekers wat die aandag van die Evangelie kan aflei.

“Dit is ’n verleentheid en ek kyk terug daarna en bid: “Here, ek is so jammer,” het hy gebieg.

Ten spyte van die harde woorde, het Chan ook hoop gebied. “Ons kan verander. Ons moet God die eer gee wat Hom toekom en bereid wees om te verduur wat ons ook al moet verduur sodat ons die rug op die sonde kan draai, om Jesus werklik as Here te bely.


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.