-deur JUIG Tydskrif

14 Junie 2018

Een van ons vennote, Far East Broadcasting Association (FEBA), het hierdie brief van een van hulle sendingstasies in Mosambiek aan ons gestuur. Weens veiligheidsredes is ons gevra om nie te publiseer waar hierdie sendingstasie in Mosambiek is nie, maar bid asseblief saam met ons vir hul veiligheid.

Geagte ondersteuner

Die meeste van julle is bewus van die Islamitiese ekstremistiese aktiwiteite in ons provinsie, Cabo Delgado. Die groep het die afgelope paar weke nader aan ons gebied beweeg en is verantwoordelik vir baie hartseer, chaos en verlies. Maandag het hulle ’n dorp in ons distrik aangeval; 7 mense vermoor en 164 huise afgebrand, ook kos- en ander voorrade vernietig. Dit is in die hart van die gebied waar ons slegs ’n paar weke gelede met radio-klubs begin het. ’n Week voor hierdie aanval het hulle sowat 25 km suid van Palma tien mense se kele afgesny –  onder andere kinders wat per toeval daar was. Die groep het in kleiner eenhede verdeel en teikens oor ’n wye gebied aangeval.

Onlangs het hulle huise in ’n dorp afgebrand waar ons eerste radio-klub ’n paar weke gelede begin is.

Baie dorpe is leeg nadat inwoners weggevlug het. Selfs plekke net buite die dorpie. Die mense leef in vrees en kan nie vrylik na hul landerye gaan nie en dit is juis tyd om die  rys te oes. Honderde gesinne wat reeds sukkel om te oorleef, het amper alles verloor. Die mielie-oes was ook ’n mislukking vanjaar. Baie mense stroom na die groter dorpe en sommige mense is iewers gestrand sonder ’n heenkome.

Daar is baie vrees en ontwrigting in die gemeenskappe. Hierdie situasie veroorsaak baie ongewone en ontstellende dinge. Twee van ons personeellede wat na hul tuisdorp gereis het om met van ons luisteraars te praat, is deur die polisie in hegtenis geneem en vir byna ’n dag lank in die tronk aangehou – net omdat hulle twee jong mans was wat van ’n ander gebiede af kom.

Ons radiostasie is buite die dorp geleë en is baie afgesonder. Ons slaap lig, want al glo ons dat ons hier moet bly, is ons waaksaam.

Ons is nie seker wat ons rol is met die groot behoefte om ons nie. Ons ondersoek moontlikhede om sommige van ons radiovriende te ondersteun.

Bid asseblief vir wysheid. Bid asseblief saam met ons vir vrede in hierdie gebied en vir ’n God se oplossing.

Mosambiek

Besoek gerus febaradio.co.za en wys jou ondersteuning aan FEBA deur vir hulle te bid, ’n donasie te gee of hulle uit te nooi om by jou kerk, besigheid, skool of groep te praat.


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.