-deur Errol Naidoo

13 Junie 2018

Die Suid-Afrikaanse politieke sektor is tans in beroering. Daar is beduidende ideologiese gevegte aan  die gang in die groot politieke partye wat dreig om die politieke landskap ten goede te verander.

Voormalige president, Jacob Zuma, het verlede week ’n skare buite die hooggeregshof  in  Durban in  politieke veldtogstyl toegespreek ná sy verskyning in die hof op aanklagte van korrupsie, bedrog en afpersing.

Die Zuma-faksie in die ANC – onder wie soortgelyke aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en die wanbestuur van staatshulpbronne in die gesig staar – het hom tydens die geleentheid ondersteun.

Die media berig dat ’n bitter Zuma ’n faksie-oorlog binne die regerende party  aanstook en selfs dreig om die aap uit die mou te laat oor verskeie prominente ANC-leiers se betrokkenheid by die  staatskaping.

Intussen het die DA die afgelope naweek sy federale raadsvergadering in Johannesburg gehou. Blykbaar is die liberale vleuel van die party nie tevrede  met Mmusi Maimane se leierskap nie.

Noudat die ANC die meeste van die EFF se radikale beleid soos onteiening sonder vergoeding aanvaar het, sal Malema en kie nog radikaler moet word om steeds relevant te bly.

Daarbenewens is daar meer as 100 nuwe politieke partye wat besig is om te registreer vir die 2019  algemene verkiesings en Suid-Afrika se politieke landskap kan volgende jaar aansienlik anders lyk.

Ek en my vrou, Arlene,  gaan voort met ons landswye  Watchmen on the Wall-inligtingsveldtog waartydens ons leraars en leiers inlig oor die politieke situasie wat besig is om te ontvou ter voorbereiding van die verkiesings.

Ons vertrek op 14 Junie na Bloemfontein vir ’n strategiese leierskapsvergaderings in daardie stad. Ons reis op 15 Junie na Kimberley waar ek  ’n groot leraarskonferensie sal toespreek en op 18 Junie sal ek met nog  ’n leraarsnetwerk vergader. Ek sal ook op 17 Junie by City of Hope Kerk preek.

Ons vertrek op 19 Junie na Pretoria, waar ek op 20 Junie by die  “Love Pretoria East”-byeenkoms van pastore sal praat. Op 21 Junie sal ek ’n groep pastore van Lenasia in Johannesburg toespreek. Die besprekings na afloop van my toesprake sal hoofsaaklik fokus op  die politieke situasie in Suid-Afrika.

Op 21 Junie vlieg ons na Durban waar ek op 23 Junie ’n groep predikers sal toespreek. Ek sal ook Sondag 24 Junie tydens die oggend- en aanddienste in Durban preek.

Van Durban af vlieg ons terug na Johannesburg om deel te neem aan ’n tweedaagse strategiese beplanningsessie op 27/28 Junie saam met belangrike Christelike leiers in die burgerlike samelewing, die kerk en op politieke vlak.

Bid asseblief vir hierdie inisiatiewe. Dit is van kritieke belang. Daar is verskeie ideologiese groepe – baie met bose agendas – wat van plan is om die uitkomste van die verkiesings volgende jaar te beïnvloed.

As die Christelike gemeenskap nie die algemene verkiesings in 2019 aansienlik beïnvloed nie, sal ons die bietjie invloed wat ons in die parlement het, verloor. Dit sal rampspoedig wees vir geloof, gesinne en vryheid.

Gedurende die afgelope vyf jaar het miljoene Christelike burgers gebid vir Godvresende mans en vroue om in die politieke arena die leiding te neem. Daardie tyd het nou aangebreek. Ons moet die antwoord op hierdie gebed wees. Bid & Doen!


Bron: familypolicyinstitute.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.