7 Januarie 2019

Facebook het onlangs die evangelis, Franklin Graham, se Facebook-blad tydelik geblokkeer, weens ’n plasing wat hy in 2016 oor transgenderkleedkamers en Bruce Springsteen geskryf het. Nou het Facebook hom om verskoning gevra, berig The Christian Post.

Graham meld dat sy Facebook-blad vir 24 uur lank geblokkeer was, vanweë ’n plasing in 2016. Graham het Bruce Springsteen destyds gekritiseer omdat hy ’n konsert in Noord-Carolina gekanselleer het toe daar gedebatteer is oor die sogenaamde transgenderbadkamer-wet. 

In Graham se plasing het hy onder meer die volgende gesê: “Bruce Springsteen,  ’n aktivis vir ‘homoregte’, het sy konsert in Noord-Carolina gekanselleer. Hy sê die plaaslike wet wat verhoed dat mans badkamers en kleedkamers vir vroue mag gebruik, agteruitgang is in plaas van vooruitgang. Om eerlik te wees, moet ons terugkeer [na vorige standaarde],” het Graham geskryf.

“Terug na God, terug na eerbied en verheerliking van Sy gebooie. Terug na gesonde verstand. Meneer Springsteen, ’n nasie wat die sonde omhels en hom neerbuig voor die voete van goddelose sekularisme en politieke korrektheid, is nie vooruitgang nie. Ek is dankbaar dat Noord-Carolina ’n goewerneur en wetgewers het wat die veiligheid van ons vrouens en kinders vooropstel! Die wet beskerm die veiligheid en privaatheid van vroue en kinders en verdedig die menseregte van miljoene burgers van hierdie staat,” aldus Graham. 

Graham  het ’n skermskoot geplaas van die verskoning wat hy van Facebook ontvang het: “Dit lyk asof ons ’n fout begaan het en iets van u Facebook-blad verwyder het wat u opgelaai het. Die boodskap was egter nie in pas met ons gemeenskapsnorme nie. Ons vra om verskoning en lig u in dat die inhoud herstel is en alle blokkerings opgehef is,” aldus Facebook.


Artikel bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.