-deur Will Maule  | Hello Christian.com

16 November 2017

‘n Kanadese paartjie se aansoek om ʼn kind aan te neem is na bewering afgekeur weens hulle evangeliese geloof en tradisionele sienings oor die heiligheid van die huwelik tussen ‘n man en ‘n vrou. Die egpaar, wat naamloos wil bly, het later ‘n diskriminasiesaak ingedien en beweer dat hulle godsdienstige sienings oor die huwelik ‘n verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou geteiken is.

“Die maatskaplike werker het verduidelik dat ons godsdienstige oortuigings rakende seksualiteit nie strook met die aannemingsproses nie,” het hulle aan die Christian Post gesê.

Toe die Christen-egpaar gevra is hoe hulle ‘n kind sal hanteer wat sy of haar gender bevraagteken, het hulle geantwoord dat seksualiteit volgens hulle nie “ervaar of verken” moet word totdat iemand volwasse en getroud is nie.

“Om te bepaal wie geskik is as aanneemouers op grond van hulle godsdienstige oortuigings, oortree hierdie egpaar se reg op godsdiensvryheid en gelykheid onder die wet,” het John Carpay van die Justice Center for Constitutional Freedoms aangevoer.


Bron: hellochristian.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.