-deur The Gospel Truth Newspaper

29 Augustus 2017

Die eerste minister van Pakistan, Shahid Abbasi, het die staatsbegrafnis vir Pakistan se ‘Moeder Teresa’ aangekondig in erkenning van die Katolieke geneesheer se enorme bydrae om die verspreiding van melaatsheid in Pakistan onder beheer te bring.

“Pfau is in Duitsland gebore, maar haar hart was altyd in Pakistan,” het Abbasi aan Gulf News gesê. “Sy het hierheen gekom toe ons nog ‘n jong nasie was, om diegene wat deur siektes geteister word, se lewe te verbeter. Hier het sy ’n tuiste vir haarself geskep. Ons sal haar onthou vir haar moed, haar lojaliteit, haar toewyding om melaatsheid uit te roei, en bowenal sal ons haar onthou vir haar patriotisme.”

ʼn Kennisgewing uitgereik deur die staat het gesê “die nasionale vlag sal halfmas hang” ter ere van haar. Sy is na berig word een van die enigste Christene én die eerste Christen-vrou wat ooit ‘n staatsbegrafnis in die Moslem-meerderheidsland ontvang het.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die jaar 2000 as die teiken gestel vir die beheer van melaatsheid. Pakistan het dit reeds in 1996,vier jaar vroeër, behaal en daarmee die eerste land in Asië geword wat die verspreiding van die siekte suksesvol beheer het – ’n doelwit wat Pfau feitlik op haar eie bereik het.

“Nie almal van ons kan ‘n oorlog voorkom nie; maar die meeste van ons kan die lyding van die liggaam en die siel help verlig, “het Pfau gesê. Sy is geïnspireer om dokter te word ná die Tweede Wêreldoorlog.


Soos gepubliseer in christiantoday.com. en thegospeltruthnewspaper.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.